Eden 1
Die Avontuur van Lidmaatskap... Eden 1 is ‘n moet vir elke lidmaat en voornemende lidmaat. Met Eden 1 kan jy meer leer oor ons bedieningsfilosofie, ons drome en uitdagings. Ons besin ook oor waar ons inpas in die breëre kerkwêreld. Buiten dat jy hierna ’n ingeligte besluit sal kan neem oor lidmaatskap, is dit ook ’n leersame tyd veral met betrekking tot aspekte van spiritualiteit, verskillende bedieningsmodelle, kultuur en ’n blik op die kerk van Jesus op aarde.
Eden 2
Die Avontuur van Geestelike Groei... Vir elkeen wat wil groei in ’n dieper wandel met die Here, sal dit wat in Eden 2 gedeel word, van onskatbare waarde wees. Met Eden 2 bring ons ’n oggend deur terwyl ons fokus op dit wat gebeur in die een-tot-Een verhouding – ek en God. Ons besin oor die voorbeeld wat ons Meester gestel het in sy aardse omwandeling in sy verhouding met die Vader. As ons sê ons is sy volgelinge, is ons verhouding met Hom dieselfde as wat sy dissipels s’n was met hulle Rabbi. Ons dink daarom aan sy voorbeeld van afsondering, gebed, sy omgang met die Skrif en dissiplines soos vas en onthouding.
Die Avontuur van Verhoudings... Ek en Ander - Hoe groei ek in my verhouding met Mense? Ons is verhoudingswesens. Vanuit ons verhouding met God word ons gevorm om as gesonde mense met ander om te gaan. In Eden 3 fokus ons op die avontuur van selfontdekking – beide my eie self en dié van ander. Ons besin oor identiteit, kommunikasie en sosiale sisteme en verbind ons opnuut tot 'n lewe van liefde en wysheid in verhoudings. Eden 3 is vol interessante navorsing en gereedskap en beloof om uit te daag en toe te rus vir die avontuur van verhoudings.
Eden 4
Die Avontuur van Roeping... Ek en Betekenis - Hoe groei ek in die uitleef van my Lewensroeping? Ons glo dat God met elke mens 'n doel het. Jy is ontwerp om daardie doel te bereik. Daarom het jy spesifieke vermoëns wat jou in staat stel om as geroepe mens te leef. Eden 4 sal jou help om dieper te dink oor jou roeping en hoe om 'n bydrae te maak met jou unieke persoonlikheid, gawes en passies.
Church Website Powered by SAChurch.