Fiest@Eden, 'n spesiale jaarafsluitingsgeleentheid vir medewerkers en lidmate word dié jaar op Vrydag 18 November gehou.Hou solank dié datum oop vir die onvergeetlike geleentheid, en hou die spasie dop vir verdere inligting.
Op Vrydagaand, 12 November 2010, het ons as gemeente saam Hoedstok gehou, en teruggekyk na die afgelope jaar se gebeure, en saam gedroom oor die projekte van 2011. 400 medewerkers en lidmate het hul hoede afgestof en saam kom feesvier met die Sedgefield mark orkes en personeellede. Koos van der Merwe en die leiers van Eden Gemeente het die aand ingekleur met stories, getuienisse en drome vir die verskeie bedienings. Gaste het hul piekniekmandjies, wyn en versnapperings geniet terwyl die orkes hul vermaak het met Kaapse Klopse, kaberet en kleur. Dankie aan elke personeellid, medewerker, besoeker en elkeen wat 'n bydrae gemaak het om Fiest 2010 'n sukses te maak. Ons sien uit na die volgende geleentheid!
Church Website Powered by SAChurch.