Hier het ons topics oor algemene vrae... Wanneer weet ek of ek te ver gaan met my ou of met my girl? Almal weet dat tieners se hormone mal gaan tydens hierdie stadium van hulle lewe, en selfs jy weet dit. Ongelukkig het baie min tieners die 'brieke' wat hulle nodig het as dit by seksuele bevrediging kom. En elkeen van ons moet vir onsself baie goeie standaarde stel en baie selfdissipline toepas. Jy moet onthou dat jou liggaam 'n baie spesiale geskenk van God is, en jy het 'n verantwoordlikheid om dit so te bewaar. Jy mag nie jou liggaam gebruik om iemand 'terug te betaal' vir 'n fliek of 'n ete nie - DIT IS NIE LIEFDE NIE. Daar is 'n rede hoekom God sekere dinge bestem vir 'n sekre tyd van jou lewe. Seks is deur God create om jou in jou huwelik te bless en om jou en jou man of vrou toe te laat om intiem te wees. Dit is nie iets vir tieners nie - PUNT!! So om jou vraag te beantwoord van wanneer jy te ver gaan. Jy moet nie eers waag om te kyk hoe ver jy kan gaan nie, want die versoeking sal te groot word en jy sal val. Jy is nog jonk en jy wil nie nou al oor sulke dinge bekommerd wees nie...
Church Website Powered by SAChurch.