• Tuis
  • Wie is ons?
    • Algemene inligting
    • My storie
    • Artikels
    • Wees Ingelig
      • Gemeentegebeure
      • Gereelde Vrae
    • Vriende van Eden
  • Groei En Hulpbronne
    • Eden Kursusse
    • Preke
    • Preke Argiewe
    • Word deel
    • Vorms
    • Learning Conversations
    • Betalings
  • Spesiale Projekte
    • School Of Transformation
    • Gebedstasies
    • Fiest@Eden
    • En Route
  • Ons Gee Om
    • In Verhouding Met
      • Môreson
      • Life Community Services
      • Bethesda
    • Projekte Wat Ons Loods
    • Nuus en Stories
  • Wat Doen Ons?
    • Eden Jeug
      • Tuis
      • Nuus
      • Events
      • Foto's
      • Team
      • Devotions
      • Video Blog
      • Kontak Ons
    • Kidz@Eden
      • Tuis
      • Babbelbeertjies
      • GroeiGoggas
      • G-Zone
      • M.A.D.
      • Familie Fokus
      • Crew
      • Foto's
    • Inspirerende Kunste
    • Musiek
    • Groepe
      • Vroue Van Eden
      • KuierSondag
    • Foto's
    • Selgroepe
    • Gebedspan
  • Pastorale Sorg
  • Kontak ons
    • Kontaklys
    • Aanwysings
    • Vakante Poste
  • Login
  • Register

Vroue van Eden

Geleenthede:

18 Februarie 2012 - Cansa High Tea

                'Yesterday, Today, Tomorrow'
            DATUM: SATERDAG 18 FEBRUARIE 2012
            PLEK: FAR HILLS COUNTRY HOTEL
            TYD: 11:00
            KOSTE: R150 (R100 aan KANSA)

    10 Maart 2012 - Vic Baai Sonsopkoms

    10 Mei 2012 - Kos en Kruie

    1 September 2012 - Bospiekniek

        1 November 2012 - Feestyd!

          13-15 November 2012 - Huishulp Kersete

            Stories:

            Spieëls

            Ek koop nou die dag ‘n yskasmagneet wat lees ‘Die beste spieël is ‘n ou vriendin.’ Dankie vir vriendinne! Op een van die baie vakansiedae in Mei besluit ek en ‘n vriendin om die sonsopkoms by die George dam te gaan geniet. Die luggie is geniepsig in die vroeë môre, maar kort voor lank is ons warm gestap en maak die koue plek vir ‘n sprokieswêreld wat om ons ontvou. Met die al helderwordende lig begin ons onderskei tussen doesyn verskillende skakerings van groen en blou. Die heerlike geur van fynbos en vars dou vul die lug en die wolke begin verkleur in die mooiste pienk. Die dam is vinniger op ons as wat ek verwag en dit is beeldskoon en asemrowend. Daar is ‘n besonderse stilte wat ‘n amper tasbare vrede skep en my binneste besing ons Skepper se lof. Die dam lê soos ‘n reuse spieël voor ons en skep die omgewing perfek in elke detail; die vorm van die berge teen die grysblou lug, die rye en rye dennebome – party onlangs geplant, die rotse teen die piek en selfs die wolke wat van pienk na oranje verkleur. Dit is toe ek na hierdie waterspieël kyk, wat ek herinner word aan ‘n storie wat ek eenkeer gehoor het. Ons almal moet ‘n spieël wees wat Jesus weerkaats. Ons kan nie Jesus self wees nie, maar ons kan Hom aan die wêreld weerkaats deur ons lewe, sodat hulle Hom kan sien in en deur ons. Ek kan kies om genade te betoon, selfs as die ander persoon dit nie verdien nie. Ek kan geduldig wees met mense en situasies, omdat Hy geduldig is met my. Ek kan liefhê soos Hy het; sonder om boek te hou van die kwaad. Ek kan volhard in moeilike tye, want Hy het enduit volhard vir my. Wat daardie oggend begin het as ‘n oefening vir my liggaam het omvou in ‘n daaglikse oefening vir my gees.                                                     (19/5/11)


            Om bederf te word

            Ek dink die meeste mense hou van bederf; so elke nou of dan, of wat? Groot bederf is ‘n onverwagte pakkie in die pos, as jou man uit die bloute met ‘n bos blomme huistoe kom, jou gunsteling sjokolade op jou lessenaar, ‘n kinderbriefie op jou kussing, ‘n tjek van die ontvanger (gebeur dit regtig?!), ‘n warm skuimbad na ‘n moeilike dag … Maar daar is ook ander bederf, wanneer iets gebeur of jy iets beleef wat jy besef: hierdie is spesiaal, kosbaar, dit gebeur nie sommer elke dag nie – ek het nou die oggend só ‘n bederf gehad. Ons gesin is lief vir die natuur. Ek bedoel nie kamp en tentopslaan of stapskoene en rugsakke nie – ek bedoel wildtuinvakansies! Ons kan ure om soek na WILDEdiere, nog bokke, groter olifante, meer kameelperde en nog nader leeus. Dit kan egter soms ‘n langdraderige storie word (vervelig sê ons tieners sommer) maar ons het genadiglik die wonder wêreld van voëls ontdek!

            Ek sit verlede week op die stoep en tee drink met my voete warm onder my ingeterk, want dit is een van daardie trietserige bewolkte amper winterdae. Ek is alleen met net my gedagtes en ek kyk uit oor ons boomryke agterplaas toe die skirl ‘kor’ geluid my aandag trek. Nie 50 tree van my sit ‘n Knysna Loerie in die boom en bessies eet. Dit is amper in die middel van die dag en alhoewel ek al voorheen loeries in ons tuin gesien het, was dit gewoonlik vinnig vroeg oggend en nie meer as ‘n halfdosyn keer in die afgelope 7 jaar wat ons hier woon nie. Ek besef hy gaan nou enige oomblik wegvlieg en ek verroer nie ‘n vinger nie! Maar die oomblik van genot word gerek en ek verkyk my aan die besonderse voël met sy rooi oog, pragtige wit strepie op die kuif en groen pers kleed. Dit is sowaar asof hy afwys – hy spring parmantig van tak tot tak en stroop elke oranjebessie behendig met sy bek van die takkie af. Elke nou en dan is die tak onder hom te slap en moet hy sy vlerke effens sprei om belaans te hou en ek trek my asem in as die mooi rooi onder die vlerk vir ‘n oomblik sigbaar is. Ek besef ek word bederf. Hier sit ek stoksielalleen en sonder ‘n verkyker kan ek my gunsteling verevriend rustig bekyk en geniet. Here U is darrem goed vir my!                                                             (19/5/11)


            Skatte

            Ek kyk na my pragtige handgemaakte kruikie - slank, regop en sterk - net soos ek graag wil wees. Maar dit is nie die boodskap van die kruikie nie. Die boodskap is juis dat dit glad nie om die kruik gaan nie, maar om die skat wat hy binne in hom dra - dalk water vir 'n uitgeputte reisiger, of olie vir die bakker of wyn vir 'n bruilof! Dit kon enige houer gewees het, 'n emmer of erdekom of kruik. Die inhoud is die skat!

            Ek besef met eens dat ek baie keer fouteer deur te veel tyd en waarde te heg aan die 'houer' – die 'ek' - die 'kruik' in plaas van die skat binne my. Die wêreld lê soveel klem op die ‘kruik’, die uiterlike. Wat ek aantrek, hoe my grimering en hare lyk, waar ek bly en wat ek ry, hoe my kinders presteer en hoe ‘suksesvol’ my lewe is. Tog leer 2 Kor. 4:7 my ‘Ek is soos ‘n breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond. Daarom moet julle weet dat die groot krag van God wat deur my werk, glad nie uit my kom nie. Inteendeel …’  Dit wil dus lyk asof die wêreld dit verkeerd om het. Die inhoud is die skat, nie die kruik nie! 

            Ja, het God dan nie Sy asem in my geblaas en my lewe gegee nie? Het Hy my nie self met Sy vingers gevorm, soos klei in my moeder se skoot nie? Het Hy my nie gevul met talente en Sy eie Gees nie? Met hierdie besef sluit ek sommer my oë en vra eenvoudig: ‘Liewe Vader, U wat my so spesiaal gemaak het, help my om te besef dat die uiterlike nie die belangrikste is nie. Help my om te ontdek watter kosbare skat U in my geplaas het. Hierdie skat wat U deur my aan ander wil gee. Dankie dat die ‘kruik’ – ek – nie perfek hoef te wees voordat U my kan gebruik nie. Hier is ek Here, vul my nog meer! Amen’                                         (29/3/11)


            Die wit bobejaan

            Het dit al met jou gebeur dat jy ‘n wonderlike waarheid leer of ontdekking maak en dan wanneer jy dit met iemand anders deel, verstaan hulle glad nie wat jy bedoel nie? Dit het nou die dag met my gebeur. Ek het die oggend Bybelstudie gehou en iets raakgelees wat ek nog nooit voorheen so verstaan het nie. Dit was asof daar ‘n lig aangeskakel is en ek kon nie wag om die kennis met iemand te deel nie. My dogter was glad nie op dieselfde bladsy as ek toe ek my nuutgevonde waarheid met haar deel nie, maar ek het nie dat dit my entoesiasme demp nie! Ek het later die dag ‘n kans gehad om oor ‘n koppie koffie die onderwerp opgewonde met ‘n goeie vriendin te bespreek, maar sy was gewikkel in haar eie kommer. Terwyl ek laat middag besig is om kos te maak bedink ek my woorde sorgvuldig, sodat ek die les van vanoggend duidelik en sonder te veel bywoorde aan my man kan oordra. Hy was toe ook nie so opgewonde soos ek gehoop het nie. Toe ek later in die bed klim oordink ek weer die helder waarheid van vanoggend, wat nou amper heeltemal verdof het. Het ek dalk te veel probeer raaklees in die gedeelte? Was dit regtig ‘n ‘openbaring’ soos ek vroeër geglo het? Miskien het my emosies met my gespeel? Dis toe dat daar saggies ‘n herinnering aan ‘n ou boereraad by my opkom: In die Vrystaat het die mielieboere soms ‘n probleem met bobejane wat hul lande verniel en die mielies opvreet. Op ‘n dag het ‘n boer ‘n slim plan gemaak. Hy het ‘n strik gestel en ‘n bobejaan in ‘n wip gevang. Die bobejaan is vir drie dae sonder kos en water in ‘n klein donker kamertjie toegemaak. Na drie dae het die boer hom gaan uithaal, wit geverf en losgelaat. Die arme verskrikte dier kon nie wag om weer by sy trop aan te sluit nie en het al van ver af sy klaaglied begin skree toe hy sy makers gewaar. Die trop wat rustig in die mielieland wei skrik hulle boeglam toe hierdie skreeuende wit gevaarte op hulle afpeil en hulle begin hardloop dat die hare waai! Die wit ou besef nie wat fout is nie – hy wil net by sy famielie en vriende uitkom – maar hulle wil op hul beurt net wegkom van die wit dierasie. Die uitgeworpene ken die pad na die slaapplek, met die gevolg dat die hele trop uit die gebied trek, net in ‘n poging om te ontsnap aan die wit bobejaan. Vandag was ek ‘n wit bobejaan. My ervaring vanoggend was eg en kosbaar, maar nie noodwendig vir ander bedoel nie. So baie keer wil ek my oortuigings of opinie met ander deel – hul lewens ‘verryk’ of ‘verbeter’ soos ek goeddink - maar my woorde is soms vreemd en skrik eerder af.

            ‘Heilige Gees, gee asseblief aan my U fyn aanvoeling van wanneer om stil te bly en wanneer om wel iets te deel. Amen’                                                                                (20/5/11)

            ‘n Lieflike geur 

            Ek soek ‘n geskenk vir ‘n vriendin wat verjaar en stap by die ‘Body Shop’ in. ‘n Lieflike geur omhels my en dit maak my sommer opgewonde om ‘n vrou te wees! Aromas is so deel van ons lewe. Dink net aan die spesiale reuk van ‘n babatjie wat nou-net gebad het - die poeier en die reuk van Elizabeth Anne’s shampoe wanneer jy jou neus in daardie nekkie druk kan sommer enige vrou van 40 plus weer broeis maak, of wat praat ek! (hoop nie my man lees die nie..) Miskien is heerlike geure van kos vir my veiliger om aan te dink. Die reuk van pannekoek op ‘n reënerige dag is seker een van die beste herinneringe van my kinderdae. Maak nie saak wat die dag op skool verkeerd geloop het nie, wanneer ek in die huis instap en die heerlike reuk van my Ma se pannekoek begroet  my, was die hele wêreld sommer weer reg. Maar so is die reuk van lekker warm koffie vroeg in die môre ook baie spesiaal, of varsgebakte brood, of ‘n lamsboud in die oond, my mond water nou sommer!  Of wat van die reuk van blomme – vandag se gekoopte blomme ruik mos nie veel na iets nie, maar die rose in my skoonma se tuin is anders, veral die donker rooi roos het die soetste aroma, maar ek is ook baie lief vir lelies, veral die pienk Star Gazer, of Kaaitjie Piering, Yesterday Today and Tomorrow en die Frangipanies waar ek groot geword het in Natal.  En dan as vrou is parfuum vir my baie spesiaal. ‘n Vrou wat lekker ruik voel sommer deftig en elegant.  So in my eie gedagtes weggevoer neem ek ‘n handvol Jasmyn badsout tot by my neus en geniet die heerlike soet aroma – ek sal hiervan kry, my vriendin sal dit ook geniet.

            Met die terugry huistoe, in my skik met die mooi verpakte lekkerruik geskenkie langs my, onthou ek die stukkie wat ek vanoggend in die Boodskap vertaling gelees het: 2 Kor 2:15 ‘Ons is soos ‘n aangename geur wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die wonderlike aroma van Christus tot eer van God. Almal wat met ons te doen het weet daarvan: die wat in Hom glo en ook die wat oppad is na die dood toe.’ Die Amplified praat van ‘a sweet fragrance’…

                                                                                                                      (10/5/10)

            Elke more nuut

            Vader, in hierdie vroeë oggend

            is ek so bewus van U teenwoordigheid,

            Die branders wat breek op die rotse,

            die seevoëls in die lug en

            Die son wat stadig alles verhelder .

            So maak U elke môre nuut!

            ‘n Nuwe dag met nuwe uitdagings,

            Nuwe verantwoordelikhede,

            nuwe geleenthede,

            ‘n skoon blaadjie.

            Gister is verby en môre moet nog kom …

            U gee vandag

            En U Woord sê dat U liefde en genade

            nuut geskep word,    

            Nuut en genoeg vir elke dag!

            Hoe goed is U vir my Here!

            Die see vertel dat U liefde en genade genoeg is,

            Oorvloedig, meer as wat ek sal kan opgebruik

            onuitputlik!

            Dankie Here dat ek uit hierdie bron kan lewe,

            Elke môre nuut!

            Klaagliedere 3:21-23                        

            (6/8/10)

            Yesterday, Today, Tomorrow

            Vanoggend het ek vroeg in my tuin gaan rustig raak toe die soet geur van die Yesterday, Today and Tomorrow my gedagtes meteens betrap. Die mooi eenvoudige pers en wit blommetjies se boodskap was sterk en kragtig – Yesterday – Today – Tomorrow. Stephan Joubert vra in een van sy boeke: In watter tyd leef jy? Baie mense is vasgevang in Gister en hulle gebruik woorde soos: ‘die goeie ou dae’ of ‘toe kinders nog respek gehad het vir ouderdom’ of dalk ‘toe hierdie geliefde nog geleef het.’ Dis amper asof die tyd by hulle verby gaan en hulle vasgevang is in ‘n sekere era of gebeurtenis.

            Ander leef in die toekoms, en toe ek Stephan se boek gelees het, het ek gou besef ek is een van hulle! Ek vang myself dikwels sê: ‘as die vakansie net eers begin’ en net ‘n paar dae later ‘as die skool net weer begin!’ Hoor jy mense soms sê: ‘as die ekonomie net eers draai’ of ‘as die kinders net eers bietjie groter is’ of ‘as ek die lotto wen.’ Ek besef Môre is geen beter plek as Gister nie, want Vandag gaan by ons altwee verby! 

            Ek het net Vandag. Ek kan nie die mense, tyd of geleenthede wat nie gister gebruik is oordra na vandag soos selfoon lugtyd nie. Ek kan ook nie gaan leen by môre nie. Wat verby is kan min verander en wat kom het ek bykans geen beheer oor nie. Prediker herinner my ook dat daar ‘n tyd is vir alles. In die bergrede sê Jesus dat dit niks help om te bekommer oor die toekoms nie! Vertrou op God en Hy sal voorsien. Die foute wat ek Gister gemaak het, het Jesus voor betaal en die Toekoms se einde is reeds bepaal; Jesus oorwin!

            Met ‘n pers blommetjie in my een hand en ‘n witte in my ander, word ek opnuut herinner: God gee aan ons elkeen Vandag – 24 uur – almal ontvang dieselfde. Ek moet kies om dit met altwee hande aan te gryp en voluit te leef!                                                          (17/1/12)







             



            Preekreekse
             
            19/02/2012 - Lospreek: Wanneer God Ons Verras2/21/2012
            12/02/2012 - Werkwoorde Van Die Geloof: Om te Bely2/13/2012
            05/02/2012 - Werkwoorde Van Die Geloof: Om te Embrace2/6/2012
            Artikels
             
            Bybel Leesplan 20122/6/2012
            Top 10 preke van 20111/9/2012
            Die Betekenis van Simbole7/26/2011
            Nuus
             
            Meningsopname 201111/1/2011
            Aansoek om in huwelik bevestig te word7/11/2011
            Ek wil my kontakbesonderhede verander6/27/2011
            Wat lê voor

            Copyrighted. All rights reserved.

            Church Website Powered by SAChurch.