Hoe funksioneer ons? Elke medewerker funksioneer volgens sy gawes, bv. sang, groepleier ens. Ons ideaal is dat medewerkers afgewissel word, nl 1 Sondag op diens en 1 Sondag af en die rooster word aan die begin van die kwartaal opgestel. Sondae skop ons af met span fellowship deur eers saam te bid en om oor belangrike gebeure te gesels. Die medewerker wat die betrokke Sondag op diens is, arriveer 7:45 vir span fellowship en om die lokale gereed te kry. Ons bied ons lesse aan volgens 'n kurrikulum, so daar gaan nie van jou verwag word om lesse self uit te werk nie, maar om eie idees by te sit of inisiatief te gebruik en dit met baie energie en entoesiasme aan te bied. Wat verwag ons van jou? Kinderbediening beteken grotendeels "liefdeswerk". Om hier 'n medewerker te wees en dit te probeer doen sonder liefde vir kinders, sal nie veel beteken nie. Sonder liefde vir die Here en Sy Woord, kan geen medewerker enige sukses van sy bediening maak nie. Jy dien as rolmodel en voorbeeld vir die kinders. Jou woorde en veral jou gedrag word baie fyn dopgehou deur elke kind. Daarom is jou persoonlike verhouding met die Here die kern waarom alles draai. Kidz@Eden se bedieningsfilosofie is soekersensitief. Dit beteken dat ons 'n passie het vir kinders wat nog nie die Here ken nie, en ons hulle die nodige ruimte wil gee om by ons te kan kom ondersoek instel oor wie God is, en hulle te begelei na 'n persooonlike verhouding met Hom. Jy moet moeite doen met elke kind in jou groep en personnlik uitreik en belangstel in hulle lewens. Jy moet positief en ENTOESIASTIES wees met tonne energie!
THE POWER OF VOLUNTEERING Volunteers are: People that care about other people People that inspire Ordinary people with extraordinary actions People that take action to changes lives People that follow their passion