" Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus." (Galasiërs 6:1) Wat is ’n selgroep?'n Selgroep is 'n plek van verhouding… waar ek kan beleef dat ek aan die liggaam van Christus behoort (Rom 12:5) waar ek kan beleef dat ek aanvaar word (Rom 15:7) waar ek vriendskap kan beleef (Rom 12:10) waar ek omgee en versorging kan beleef (Gal 6:2) waar ek saam met medegelowiges vir die wêreld kan omgee (Joh 13:35) 'n Selgroep is 'n plek van vorming om soos Christus te word (2 Kor 3:18) waar ek kan groei in karakter (Gal 5:22-23) waar ek kan groei in kennis (2 Pet 1:5) waar ek kan groei in sensitiwiteit vir ander se behoeftes (Fil 2:4) waar ek kan groei in diensbaarheid (Mat 23:11) waar ek kan groei in my gawes (1 Pet 4:10)
waar ek kan beleef dat ek aan die liggaam van Christus behoort (Rom 12:5) waar ek kan beleef dat ek aanvaar word (Rom 15:7) waar ek vriendskap kan beleef (Rom 12:10) waar ek omgee en versorging kan beleef (Gal 6:2) waar ek saam met medegelowiges vir die wêreld kan omgee (Joh 13:35)
'n Selgroep is 'n plek van vorming om soos Christus te word (2 Kor 3:18)
waar ek kan groei in karakter (Gal 5:22-23) waar ek kan groei in kennis (2 Pet 1:5) waar ek kan groei in sensitiwiteit vir ander se behoeftes (Fil 2:4) waar ek kan groei in diensbaarheid (Mat 23:11) waar ek kan groei in my gawes (1 Pet 4:10)
Ons droom...Ons droom dat mense in selgroepe die avontuur sal beleef van saam op reis wees in die voetspore van Christus. Dit sal beteken dat ons hegte vriende sal word omdat ons saam besig is om soos Christus vir mense om te gee. Ons doel is daarom nie om saam te kom sodat ons vriende kan word nie; ons doel is om Christus te volg in sy missie op aarde en so word ons saam mense wat omgee – vir mekaar en vir alle mense.Hoe gebeur dit?Ons selgroepe kom weekliks saam in groepe van hoogstens 12. Indeling vind deur die loop van die jaar plaas soos wat daar behoefte is. In elke selgroep is daar 'n fasiliteerder met wie Riaan Bezuidenhout weekliks kommunikeer. In ons samekoms is daar 'n geleentheid vir Lectio Divina, 'n stilwordgeleentheid rondom die voorgestelde Skriflesing vir die week. Die groep word dan aangemoedig om na aanleiding van die Skrifgedeeltes hulle indrukke met mekaar te deel met die vertroue dat die Here op so 'n manier met ons sal spreek en ons in staat sal stel om mekaar te dien met ons gawes. Die groep word ook aangemoedig om die stories van hulle lewens te deel en saam te bid. Daar is deurgaans 'n missionele klem: die saam soek na beter maniere om om te gee vir mense in nood en mense wat nog nie 'n verhouding met Christus het nie.
Indien jy deel wil wees van die avontuur van selgroeplewe, kontak gerus vir riaan@edengemeente.com.
Church Website Powered by SAChurch.