• Tuis
  • Wie is ons?
    • Algemene inligting
    • My storie
    • Artikels
    • Wees Ingelig
      • Gemeentegebeure
      • Gereelde Vrae
    • Vriende van Eden
  • Groei En Hulpbronne
    • Eden Kursusse
    • Preke
    • Preke Argiewe
    • Word deel
    • Vorms
    • Learning Conversations
    • Betalings
  • Spesiale Projekte
    • School Of Transformation
    • Gebedstasies
    • Fiest@Eden
    • En Route
  • Ons Gee Om
    • In Verhouding Met
      • Môreson
      • Life Community Services
      • Bethesda
    • Projekte Wat Ons Loods
    • Nuus en Stories
  • Wat Doen Ons?
    • Eden Jeug
      • Tuis
      • Nuus
      • Events
      • Foto's
      • Team
      • Devotions
      • Video Blog
      • Kontak Ons
    • Kidz@Eden
      • Tuis
      • Babbelbeertjies
      • GroeiGoggas
      • G-Zone
      • M.A.D.
      • Familie Fokus
      • Crew
      • Foto's
    • Inspirerende Kunste
    • Musiek
    • Groepe
      • Vroue Van Eden
      • KuierSondag
    • Foto's
    • Selgroepe
    • Gebedspan
  • Pastorale Sorg
  • Kontak ons
    • Kontaklys
    • Aanwysings
    • Vakante Poste
  • Login
  • Register

Algemene inligting

Eden Gemeente assosieer op verskeie vlakke met ander gemeentes en denominasies en ons definieer ons nie primêr binne denominele verband nie. 

Ons fokus is hoofsaaklik op die omgewing waarin ons is en ons voel gemaklik om onsself te beskryf as 'n missionele gemeenskapskerk.  Ons vind ons filosofies en in verhoudings tuis as deel van Missionet, 'n groep gemeentes uit verskeie denominasies asook onafhanklike gemeentes, wat saam dink oor effektiewe missionaliteit. 

In 'n sensus wat ons doen oor hoe ons lidmate hulself posisioneer, het byna 'n honderd persent van die nuwe lidmate wat ons vir die afgelope meer as twee jaar voorgestel het, hulself nie tot lidmaatskap van 'n spesifieke denominasie verbind nie.  Die meerderheid van ons lidmate beskou hulself as deel van 'n plaaslike gemeente sonder enige spesifieke klem op denominele lidmaatskap.  Ons beskou onsself daarom as post-denomineel, terwyl ons tog steeds 'n tuiste is vir lidmate wat histories bande met die AGS het en vir hierdie rede word hierdie bande steeds behou.

'n Paar verduidelikende opmerkings oor die term “post-denomineel”:

  • Ons is nie anti-denomineel nie. Die grootste deel van die liggaam van Christus funksioneer binne denominele verband.  Ons eer die liggaam van Christus binne denominasies, terwyl ons tog ook sien dat daar ruimte is vir groei buite denominele verband.  (Ons glo dus nie soos sommige dat denominele strukture noodwendig verkeerd of boos is nie.)
  • Ons is nie primêr denomineel nie. Ons wil nie 'n nuwe denominasie stig nie. Ons is 'n plaaslike gemeente wat met ander eendersdenkende gemeentes binne en buite denominasies wil assosieer op verhoudingsbasis.
  • Ons is nie interdenomineel nie. Ons beoog nie om alle leerstellinge en bedieningsfilosofieë van verskillende denominasies te akkommodeer en beoefen nie. Ons posisioneer ons dogmaties konserwatief en ten opsigte van bedieningsfilosofie liberaal en missioneel.
  • Ons is nie non-denomineel nie. Ons distansieer ons nie van die invloede vanuit ons denominele kerklike erfenis nie. Ons isoleer ons ook nie van die denominele wêreld ten opsigte van ontwikkelinge en verhoudings nie.  
  • Ons beskou onsself as post-denomineel. Ons put uit die ryk erfenis van die Kerk in die geheel en poog om effektief Kerk van Christus te wees in 'n post-moderne wêreld.  Ons raak as't ware relasioneel vaster aan die Kerk in die breë terwyl ons tog ons primêre identiteit nie aan een denominasie wil koppel nie. Ons poog om innoverend en kreatief te ontwikkel terwyl ons tog probeer om verlore skatte uit ons wortels te behou en nog ander wat verlore geraak het, terug te vind.





 



Preke
 
19/02/2012 - Lospreek: Wanneer God Ons Verras2/21/2012
12/02/2012 - Werkwoorde Van Die Geloof: Om te Bely2/13/2012
05/02/2012 - Werkwoorde Van Die Geloof: Om te Embrace2/6/2012
Artikels
 
Bybel Leesplan 20122/6/2012
Top 10 preke van 20111/9/2012
Die Betekenis van Simbole7/26/2011
Vorms
 
Meningsopname 201111/1/2011
Aansoek om in huwelik bevestig te word7/11/2011
Ek wil my kontakbesonderhede verander6/27/2011
Wat lê voor

Copyrighted. All rights reserved.

Church Website Powered by SAChurch.