______________________________________________________________________________
Ek dink ons het 'n groot verskeidenheid mense in ons gemeente, en wat 'n voorreg is dit nie. En dit is waarom ons moet 'cater' vir alle ouderdomme. Ek het al baie keer gevoel die praise en worship kan net aan en aan en aangaan. Ek was nog nooit in my lewe so gelukkig in 'n kerk soos wat ek nou by Eden is nie. Voorheen was dit 'n stryd om Sondae kerk toe te gaan, nou kan ek nie wag nie! Wat 'n voorreg om op so 'n manier nader aan God te kom en saam met mede Christene bymekaar te kom. Ek sien baie uit na die nuwe kerk en is dankbaar dat ek deel kan wees daarin.
God het definitief 'n plan.... Vir ons almal.... En elke Sondag praat Hy met elkeen op verskillende maniere, of dit nou 'n video, song, wyse en ware woorde, of 'n 5 sent stuk is, Hy is daar.
Kreatiewe kunste medewerker________________________________________________________________________________________ Baie dankie vir alles wat julle tydens Paasfees gedoen het. Dit was rerig vir my 'n awesome ervaring gewees.
Ruan Venter ________________________________________________________________________________________
Ek wil julle graag bedank vir die besonderse wyse waarop julle Vrydagoggend se Paasdiens begin het. Ek kon nie glo dat ‘n dans my so kon raak en emosioneel beïnvloed nie. Toe ek sien hoe my man sy trane wat oor sy wange rol afvee, het ek besef dat nie net ek dit so kragtig ervaar nie. Die uitbeelding van Maria se smart was roerend en daarna was daar geen keer aan die trane wat net bly kom het nie. Die ‘praise en worship’ wat daarop gevolg het, het die tema van die dag net verder beklemtoon en ek het dit baie persoonlik en emosioneel ervaar. Koos se preek was kragtig en dit was seker die mees aangrypendste ‘Goeie Vrydag’ geleentheid wat ek nog bygewoon h
Dankie vir ‘n onvergeetlike belewenis!Vriendelike groete,Juanita Myburgh_________________________________________________________________________________________Ons hele selgroep het gisteraand op hulle eie die kruisstasies gaan doen en ons het toe na die tyd bymekaargekom om bietjie daarop te reflekteer. Die terugvoer was baie, baie positief gewees en almal het verseker baat gevind daarby. Ek dink julle het uitstekend gedoen om 'n wonderlike gewyde atmosfeer te skep en 'n mens word werklik meegevoer in die voetspore van Jesus daardie paar dae voor die kruisiging tot en met die opstanding. Julle moet asb nooit ophou om sulke geleenthede te skep nie. Ek het verlede jaar s'n ook gedoen en beide kere was 'n unieke en baie spesiale geestelike belewenis.Baie dankie.Groete,Cobus Coetzee
Church Website Powered by SAChurch.