• Tuis
  • Wie is ons?
    • Algemene inligting
    • My storie
    • Artikels
    • Wees Ingelig
      • Gemeentegebeure
      • Gereelde Vrae
    • Vriende van Eden
  • Groei En Hulpbronne
    • Eden Kursusse
    • Preke
    • Preke Argiewe
    • Word deel
    • Vorms
    • Learning Conversations
    • Betalings
  • Spesiale Projekte
    • School Of Transformation
    • Gebedstasies
    • Fiest@Eden
    • En Route
  • Ons Gee Om
    • In Verhouding Met
      • Môreson
      • Life Community Services
      • Bethesda
    • Projekte Wat Ons Loods
    • Nuus en Stories
  • Wat Doen Ons?
    • Eden Jeug
      • Tuis
      • Nuus
      • Events
      • Foto's
      • Team
      • Devotions
      • Video Blog
      • Kontak Ons
    • Kidz@Eden
      • Tuis
      • Babbelbeertjies
      • GroeiGoggas
      • G-Zone
      • M.A.D.
      • Familie Fokus
      • Crew
      • Foto's
    • Inspirerende Kunste
    • Musiek
    • Groepe
      • Vroue Van Eden
      • KuierSondag
    • Foto's
    • Selgroepe
    • Gebedspan
  • Pastorale Sorg
  • Kontak ons
    • Kontaklys
    • Aanwysings
    • Vakante Poste
  • Login
  • Register

Gereelde Vrae

Kindertoewyding

Om ons kinders aan die Here toe te wy en as ouers te kom om ons afhanklikheid van God vir die groot lewenstaak van kinderopvoeding te verklaar, is vir ons baie belangrik.  Met kindertoewyding bevestig ons die verbond wat God met ons het om ons in die opvoeding van ons kinders te seën en by te staan.  Ons verklaar saam met die gemeente dat ons ons verantwoordelikheid met nederige afhanklikheid opneem om ons kinders te begelei om Jesus Christus as Redder aan te neem en vir hulle 'n voorbeeld te wees in hoe ons self Christus volg. Hou die webdagboek dop vir die volgende kindertoewyding.


D
oop
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;  en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 
Matteus 28:19
Eden Gemeente bedien mense met die doop as 'n ritueel wat simbolies is van gelowiges se eenheid met Christus, hulle identifisering met sy dood en opstanding en as 'n simboliese geloofsverklaring dat God 'n mens genadig kan vergewe, of te wel van sonde kan reinig.  Dit dien ook as 'n geleentheid om te verklaar dat 'n ego-gedrewe lewe afgelê is en 'n ander soort lewe wat deur Christus verkondig en gedemonstreer is, opgeneem is – die lewe van liefdevolle diens.  Verder word die doop gesien as 'n stap van gehoorsaamheid.  Deur die opdragte in die Nuwe Testament om gedoop te word uit te voer, word 'n grondslag gelê wat dien as herinnering dat om 'n volgeling van Christus te wees, 'n lewe van gehoorsaamheid vereis. Hou die webdagboek dop vir die volgende doopgeleentheid.

N
agmaal
Om met dankbaarheid en ootmoed die grootste liefdesdaad wat ooit gepleeg is te vier, is 'n kern-aspek van ons godsdienstige belewenis.  Daar is 'n nagmaalgeleentheid tydens ons Sondagdienste op elke eerste Sondag van die maand en ook gereeld in ons selgroepe.

H
uwelik
Eden Gemeente begelei voornemende huwelikspaartjies in voorhuwelikse berading en help met graagte in die huweliksbevestiging.






 



Preke
 
19/02/2012 - Lospreek: Wanneer God Ons Verras2/21/2012
12/02/2012 - Werkwoorde Van Die Geloof: Om te Bely2/13/2012
05/02/2012 - Werkwoorde Van Die Geloof: Om te Embrace2/6/2012
Artikels
 
Bybel Leesplan 20122/6/2012
Top 10 preke van 20111/9/2012
Die Betekenis van Simbole7/26/2011
Vorms
 
Meningsopname 201111/1/2011
Aansoek om in huwelik bevestig te word7/11/2011
Ek wil my kontakbesonderhede verander6/27/2011
Wat lê voor

Copyrighted. All rights reserved.

Church Website Powered by SAChurch.